Lief vir lap, lint, papier, kant, wol, mosaïek en mooi goed? Dan is jy op die regte plek. Ons bied kreatiewe pakkette (craft kits). Of jy nou 4 of 84 is, kreatief-wees is net die tydverdryf vir jou. Ons voed ons siele deur kreatief te wees. Kyk net na die natuur en sien watter kreatiwiteit het God vir ons kom gee.
Harte, boekmerke, blomme, dinosaurusse, karretjies, voëltjies, haarbande, handsakkies, vlaggies, serpe en nog vele meer - kyk by al die verskillende afdelings. Elke selfdoen pakkie bevat volledige instruksies om jou artikel suksesvol te voltooi.
Soek jy 'n geskenk vir 'n vriendin, verjaardagmaatjie of kreatiewe besig-bly aktiwiteite vir die kinders? Met ons kreatiewe pakkies sal daar geen "Ma wat kan ek doen" vrae wees nie! Daar is niks so bevredigend as om iets self te kan maak nie. Gun jouself en die kinders die vreugde daarvan.
Bestel vandag nog jou kreatiewe pakkie (craft kit). Dit maak die ideale geskenk vir enige kreatiewe siel. Fantasties om te gebruik tydens kinderpartytjies, craft-klasse, ooievaarstee's, verjaarsdae, senior burger aktiwiteite en vele meer. Nou hoef jy nie te wonder oor die aktiwiteite met die volgende partytjie nie - bestel vandag en verras jou gaste!
Kleinhandelaars welkom - groothandelpryse
Kleinhandelaars welkom - groothandelpryse